Kinders kan inskryf vir Oliewenhuis se vakansieprogram.

Besprekings is van vanoggend af oop vir Oliewenhuis se Kiddies-vakansiewerksessies van 8 tot 11 Julie.

Die gratis werksessies is daagliks van 10:00 tot 13:00 by die Oliewenhuis-kunsmuseum in Harry Smithstraat, Bloemfontein.

Die aktiwiteite sluit sand- en modderkuns in. Die kunstenaar Sonya Rademeyer, wie se uitstalling gedurende die Vrystaat Kunstefees in die Reservoir by Oliewenhuis te sien gaan wees, bied ‘n werksessie oor die kunswerke wat slakke maak, aan.

Bespreking is noodsaaklik omdat slegs beperkte plek beskikbaar is. Die sessies is vir kinders van vyf tot 12 jaar.

Bespreek deur ‘n WhatsApp na 078 698 4300 te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.