Kinders kan ook nou inentings ontvang

Kinders van 12 tot 17 jaar oud kan hulle sedert Woensdag (20/10) in Suid-Afrika registreer en die Covid-19-entstof ontvang.


Kinders van 12 tot 17 jaar oud kan hulle sedert Woensdag (20/10) in Suid-Afrika registreer en die Covid-19-entstof ontvang.

Die departement van gesondheid het bekend gemaak dat, weens die voorbereiding vir matriek-eksamens, die inentings nie nou by skole gedoen sal kan word nie.

Die departement moedig ouers en voogde aan om kinders in dié ouderdomsgroep op die nasionale platform te registreer en hulle na enige van die private of openbare inentingsentrums te neem vir inenting.

In die Vrystaat was teen Woensdag 619 357 (21%) van die bevolking ten volle ingeënt.

Die provinsie se mikpunt is dat 1 962 365 mense volledig teen Covid-19 ingeënt sal word om kudde-immuniteit te bewerkstellig.

Teen Woensdag was daar 16 nuwe gevalle van Covid-19 in die Mangaung-metro.

Van altesaam 162 892 Covid-19-gevalle in die provinsie was 16% mense jonger as 20 jaar.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.