Kinders sinvol ondersteun

Een van die uitdagings van Kidz Care Trust is om kinders wat op straat geleef het en tydelik by die sentrum woon, terug te kry in die onderwysstelsel.


Een van die uitdagings van Kidz Care Trust is om kinders wat op straat geleef het en tydelik by die sentrum woon, terug te kry in die onderwysstelsel.

Die LUR vir basiese onderwys in die Vrystaat, dr. Tate Makgoe, het Kidz Care se sentrum in Roodewal op Mandeladag (18/07) besoek.

Dit was sy eerste besoek aan dié sentrum, wat ’n veilige hawe vir die kinders bied.

Benewens die besoek van lede van die onderwysdepartement, was daar ook lede van Virgin Active, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) en mense van JP4iR Solutions wat kinders onder meer oor robotika geleer het.

Marita van Kraayenburg van Kidz Care, sê dit is lekker om soveel belanghebbendes by die sentrum te verwelkom.

Magkoe sê die departement moet probeer om kinders te ondersteun om hul potensiaal te bereik.

“Ons is dankbaar vir mense van die private sektor met kennis van tegnologie wat kinders op allerlei maniere kan help met onderrig in spesifieke vakke.”

Hy sê die belangrikste is dat hy kan sien dat Kidz Care ’n liefdevolle omgewing bied waarin kinders kan woon en ondersteun word.

Virgin Active het aan die kinders en besoekers ’n aktiwiteit aangebied waaraan selfs Makgoe deelgeneem het.

Van Kraayenburg sê hulle sien daarna uit om saam met Sanbi te werk om kinders meer oor omgewingsbewaring te leer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.