Waarskuwing verontagsaam: Pediatriese sale bly oop ten spyte van ernstige gesondheidsrisiko’s

Waterlekplekke in die gang van saal 10B in Universitas- Akademiese Hospitaal. Credit: Lientjie Mentz

Ten spyte van ‘n kennisgewing van voorbehoud rakende die sluiting van sale 10A en 10B in die Universitas Akademiese Hospitaal, bly hierdie pediatriese sale steeds oop en operasioneel.

BloemNuus het vanoggend die sale besoek wat op Dinsdag 3 Junie deur die Departement van Arbeid geïnspekteer is na klagtes van die vakbond PSA oor onveilige toestande in die hospitaal.

Lynsie Pelser, woordvoerder van die PSA, sê water het verlede week uit die dak van die tiende verdieping gestroom. Tydens BloemNuus se besoek was lekplekke steeds sigbaar, hoewel dit teen dié tyd net liggies gedrup het. Kartonne en emmers is regoor die vloer geplaas om die water op te vang, met waarskuwingsborde wat besoekers en personeel inlig oor die nat vloere. In een van die sale was ’n emmer opvallend sigbaar.

Pelser sê sommige PSA-lede wat in die hospitaal werk, het al op die nat gange gegly.

“Dit is ’n kindersaal, en ’n mens weet nooit wanneer ’n kind in ’n onbewaakte oomblik van die water kan drink of daarin kan gly nie,” het sy haar kommer uitgespreek.

Volgens waarneming van BloemNuus was die sale vanoggend snikheet. Die lugversorging in die hospitaal werk al vir jare nie, en dit is ’n bekende probleem.

Mvambi het bevestig dat die hospitaalbestuur bewus is van die lekplekke en probleme met die lugversorging op die tiende verdieping. Hy het aangedui dat instandhoudingspersoneel opdrag gekry het om die waterlekke te herstel.

Twee pediatriese sale is formeel gesluit verklaar weens onveilige toestande, maar pasiënte is nie ontruim nie. Mvambi sê die versorging van pasiënte gaan voort soos gewoonlik.

Tydens ‘n bestuursvergadering op Dinsdag is die probleem met die lugversorging weer bespreek. Mvambi kon egter nie bevestig of daar ‘n begroting of tydsraamwerk vir die herstelwerk bestaan nie.

In ’n nuusverklaring het die PSA beklemtoon dat hierdie pediatriese sale geen werkende lugversorging het nie. Die temperatuur is soms ondraaglik warm en op ander tye ysig koud, wat ‘n beduidende risiko vir pasiënte en personeel inhou.

Pelser sê die situasie het die afgelope paar weke verder versleg met bykomende waterlekke. Volgens die Departement van Arbeid se kennisgewing is daar ook blootgestelde elektriese drade naby hierdie lekplekke, wat die gevaar verhoog – veral aangesien dit kindersale is.

Sy voeg by dat daar vanaf die vierde verdieping opwaarts geen werkende lugversorging in die hospitaal is nie.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid voor die nooduitgang op die tiende verdieping. Dié deur was met die departement van arbeid se besoek Dinsdag gesluit, maar dit is nou weer oop sodat dit in ‘n noodgeval gebruik kan word. Foto: Lientjie Mentz

“Ek bespreek hierdie probleme reeds sedert Januarie met die uitvoerende hoof van die hospitaal. Ek vra al van die begin van die jaar af vir ’n aksieplan,” sê sy.

Pelser is geskeduleer om môre met Dr. Balekile Mzangwa, die uitvoerende hoof van die Universitas Akademiese Hospitaal, te vergader. Sy sê sy hoop om bevredigende antwoorde en oplossings te ontvang.

Armand Cloete van die VF Plus sê in ’n skrywe aan die LUR vir Gesondheid, Viceroy Mahlatsi, dat dit onaanvaarbaar is dat die departement wetgewing verontagsaam, terwyl van ander sektore verwag word om dit na te kom.

Hy sê die hoofbestuur van die hospitaal is bewus van die probleme met die lugversorging en die lekplekke in die sale op die tiene verdieping, en gee aandag daaraan. Hy het gesê die hospitaal se instandhoudingspersoneel moet die lekplekke kom regmaak.

Twee sale in die Universitas- Akademiese Hospitaal is gesluit weens onveilige toestande. Credit: Teboho Setena

Pelser sê die hospitaal het nie lugversorging van die vierde verdieping af hoër op nie.

“Dit is alles probleme wat ek sedert Januarie met die uitvoerende hoof van die hospitaal bespreek. Ek vra al van die begin van die jaar af vir ‘n aksieplan.”

Sy sê sy vergader môre met Dr. Balekile Mzangwa, die uitvoerende hoof van Universitas- Akademiese Hospitaal en sy hoop om bevredigende antwoorde te kry.

Armand Cloete van die VF Plus sê in die skrywe wat sy party aan die LUR vir gesondheid Viceroy Mahlatsi gestuur het, dit is ontoelaatbaar dat sy departement wetgewing verontagsaam terwyl die regering van alle sektore verwag om dit na te kom.

Waterlekplekke in die gang van saal 10B in Universitas- Akademiese Hospitaal. Foto: Lientjie Mentz Credit: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.