Nathan Herbert in aksie tydens die Super 8 tenniskampioenskap in Bloemfontein. Credit: Lientjie Mentz

Twee nasionale tennis-toernooie word dié week in Bloemfontein beslis.

In die finale in die Vrystaatse Super 8-toernooi was Nathan Herbert (Grey-kollege) die naaswenner in die seuns o.14-enkelspel op Dinsdag 1 April.

Nathan Herbert en Juvan van Pletzen het Dinsdag die seuns dubbelspel in die Vrystaatse Super 8-toernooi gewen. Foto: Megan Herbert

In die dubbelspel het hy en spanmaat Juvan van Pletzen van Potchefstroom koning gekraai en dié afdeling gewen.

Lika Claassens van die Hoër Meisieskool Oranje en Lisa Jonker van Boland het in die eindstryd van die dubbelspel in die afdeling vir meisies o.14 verloor. Lika was vierde in die enkelspel.

Bogdan Mandic (Grey) en sy spanmaat Rhys Vorwerk van KwaZulu-Natal het in die eindstryd van die dubbelspel verloor en Bogdan was derde in die mans-enkelspel.

Die Junior Nasionale Tenniskampioenskap het gister in die stad begin.

You need to be Logged In to leave a comment.