Hier is al die kontakbesonderhede om kwessies omtrent dienslewering in die Mangaung-metro aan te meld.

Algemene klagtes kan by die oproepsentrum by 080-011-1300 gelug word, of stuur ’n e-pos na enquiry@mangaung.co.za. Dit is ook die kontakbesonderhede om te gebruik wanneer amptenare van water en rioolprobleme verwittig moet word.

Situasies waar riool oorloop of water lek kan weeksdae van 07:45 tot 18:00 aangemeld word by:

  • water en riool – 051-410-8260;
  • water – 051-405-8091; en
  • riool – 051-405-8092.

Die rampbestuursentrum se nommer is 051-406-6666.

Centlec se nommer is 051-409-2345, of stuur ’n Whats­App-boodskap na 071-139-5968.

You need to be Logged In to leave a comment.