Op die byeenkoms is hier van links Marthinus Steyn (wat ’n Soviet-soldaat voorgestel het), Stoney Stenekamp (Duitse valskermsoldaat), Stefan van Graan (Duitse pantsersoldaat in Afrika-korps), Barbara Muszynski (Soviet-soldaat), Johann Strauss (Duitse weermag) en Elmar du Plessis (Russiese soldaat).


Sowat 80 gaste het die naweek op die plase Onze Rust en Leeuwberg gekuier met ’n byeenkoms van die Die Vrystaat-tak van die Suid-Afrikaanse Wapenversamelaarsvereniging.

Die tradisionele uitbeelding van ’n veldslag is nie vanjaar gelewer nie, maar gaste het die geleentheid gekry om aan te trek in militêre uniform wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer.Vrydag (24/06) was daar ’n ete waarin gaste geklee in militêre uitrustings en klere uit die tydperk tydens die oorlog sop uit ’n outentieke Goulashkanone-veldkombuis kon geniet. Saterdag was daar skietdemonstrasies en praatjies oor verskillende wapentuig uit daardie oorlog.

Histories akkuraatheid is belangrik wanneer militêre uniforms uit hierdie era gedra word.Gaste van sover as Gauteng het die naweek se verrigtinge bygewoon.

You need to be Logged In to leave a comment.