Mense het nog tot 30 April om skenkings te doen vir die Street Store-projek wat op 28 Mei vir behoeftige mense in Bloemfontein aangebied word.
’n Plek waar behoeftiges klere gratis kan uitsoek, asof in ’n winkel, sal op dié dag by Anchor of Hope, die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk) en die Tswellang- Spesiale Skool opgestel word.
Mense kan spesifiek nog baadjies, skoene, kinderklere en veral mansklere in groottes 28 tot 34 skenk.
Verskeie kerke, skole en ondernemings oor die stad heen is insamelpunte vir skenkings. Die kerke is JoshGen, Doxa Deo Fichardtpark, die Baptistekerk, die AGS Siloam, die AGS Jubilante, die NG kerk Pellissier en Doxa Deo Sentraal.
Houers waarin skenkings gesit kan word, is by Preller Walk, Preller-plein, Northridge Mall en Reizis-plein neergesit.
Mense kan ook klere na die Cityrun op Naval Hill neem.