Bloemskou vier van 27 April tot 6 Mei sy 140ste bestaansjaar. Wanneer iemand so ’n groot mylpaal haal, moet daar behoorlik met lekker geskenke feesgevier word.
Hier is ’n kans vir maatjies van gr. 1 tot gr. 3 om deel te neem aan Bloemskou en Bloemnuusse inkleurkompetisie. Maatjies moet die prentjie langsaan hierdie berig inkleur. Vra dan vir Mamma of Pappa om ’n foto van die prentjie met hul selfoon te neem en dan per WhatsApp na 083-560-9184 te stuur.
Een wenner sal uit al die inskrywings gekies word, en dié maatjie wen dan vier kaartjies vir die gesin na vanjaar se Bloemskou
Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die kompetisie is Maandag (24/04) om 12:00, en die wenner sal per WhatsApp ingelig word.
Die wenner se naam en prentjie sal ook op Bloemnuus se Facebook-blad verskyn.