Enkele kleuters wat nie die voorreg het om na ’n kleuterskool te gaan nie, kry nou die geleentheid om danksy ’n Slimboks allerlei vaardighede aan te leer of te verbeter.
Mariëtte Barnard van Solidariteit Helpende Hand se Bloemfontein-tak sê dié Slimbokse is ontwikkel vir kleuters van verskillende ouderdomme.
Vir elke ouderdomsgroep is daar aktiwiteite en hulpmiddels om hulle met vaardighede te help.
Hester Bekker van Guardian and Angel in Bloemfontein het Donderdag (24/08) 26 van die Slimbokse in ontvangs geneem.
Sy sê dié welsynsorganisasie versorg sowat 450 gesinne in Bloemfontein en daar is talle van dié kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie.
Dit sluit mense in woonbuurte soos Hilton, Estoire en Noordhoek in.
Benewens die gesinne in Bloemfontein wat kospakkies van Guardian and Angel ontvang, is daar ook gesinne in Winburg, Reddersburg, Edenburg en Brandfort wat danksy Bekker en haar span uit skenkings voordeel trek.
Dié Slimbokse is ontwikkel vir kleuters van verskillende ouderdomme.