Kleuters reik uit na diere in nood

Roo, die dierebeskermingsorganisasie New Beginnings se “kangaroo-hond”, het Donderdag (17/08) gaan inloer by die Willows-kleuterskool in Hospitaalpark.


Roo, die dierebeskermingsorganisasie New Beginnings se “kangaroo-hond”, het Donderdag (17/08) gaan inloer by die Willows-kleuterskool in Hospitaalpark.

Die 39 kinders van dié kleuterskool het almal bygedra om hondekos, komberse, speelgoed en waterbakke vir New Beginnings se diere te skenk.

Met Natalie Kotze en Roo se besoek, het die kinders meer geleer oor hoe om mooi vir hul troeteldiere by die huis te sorg. Hulle het ook opgewonde nader gestaan om vir Roo, wat sonder voorpote gebore is, saggies te vryf.

Natalie sê daar is nou ongeveer 45 honde by New Beginnings wat almal nuwe huise moet kry.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.