’n Nuwe salon bied nou meer geleentheid vir kliënte om Annique-produkte te koop en boonop terselfdertyd ’n skoonheidsbehandeling te ontvang.
Annemarie Cronje, wat al 20 jaar ’n Annique-konsultant is, het onlangs die Salon Rooibos on the Go in Universitas oopgemaak.
“Talle kliënte het my gevra om die diens en produkte wat ek reeds het uit te brei en ’n volwaardige salon oop te maak,” sê sy.
Dit is juis met dié dat sy 20 jaar by Annique betrokke is, dat sy die volgende groot stap geneem het. Annique vier ook vanjaar 51 jaar in Suid-Afrika.
Juanita Trollip is heeltyds as skoonheidsterapeut aangestel wat manikure en pedikure, grimering, waksbehandelings, die tint van wenkbroue, tint en verlenging van wimpers, masserings en vele meer doen.
Annemarie se seun, Gerrie, is as digitale bestuurder by die salon betrokke.
“Benewens die produkte, bied ek al jare lank ’n verslankingskliniek aan en is dié diens ook nou by die salon beskikbaar.”
Die volgende kliniek begin op 1 Augustus.
“ ’n Mens moenie net van buite goed versorg wees nie, maar ook van binne. Gesondheid gaan van binne na buite,” sê Annemarie.
“Wat Annique se produkte so besonders maak, is dat dit spesiaal vir Suid-Afrikaanse vel en toestande ontwikkel is. Boonop word al die navorsing oor rooibos in Annique se produkte teruggeploeg om dié inheemse produk ten volle te benut.”
Slegs Annique se rooibosprodukte word vir skoonheidsbehandelings by die salon gebruik.
“Besluit op die behandeling wat jy verkies en gee jou oor aan pure ontspanning sodat jy gekoester kan word en van binne na buite verfris voel,” sê Annemarie.
Die salon in Unversitas is Maandae tot Vrydae van 08:30 tot 17:00 oop en Saterdae van 08:00 tot 14:00.