Klub dra merkwaardig by vir Hospice

Ter viering van Mandeladag op 18 Julie het die lede van die Bloemfontein Ryder Cup voorraad van ongeveer R34 000 aan Hospice Bloemfontein geskenk.


Ter viering van Mandeladag op 18 Julie het die lede van die Bloemfontein Ryder Cup voorraad van ongeveer R34 000 aan Hospice Bloemfontein geskenk.

Diaan Neethling, mede-voorsitter van die klub van ongeveer 68 mans wat maandeliks ’n interne golfkompetisie speel, sê hulle wou graag iets vir liefdadigheid doen.

“Ons bestaan al vier jaar en wou vanjaar graag iets spesiaals doen. Ons het lede wat sakelui in die stad is gevra om skenkings te doen van voorraad wat Hospice Bloemfontein kan gebruik”

Neethling sê die reaksie van lede was wonderlik.

Hulle het op Vrydag 19 Julie vragte volwasse doeke, kos en vleis aan personeel by die hospies by die Siesta-aftreeoord oorhandig.

Die idee vir die uitvoering van dié projek kom van Neethling en sy ma, Almarie, wat die projek gedryf het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.