Die 28 kinders van Heidedal wat op Saterdag 27 Julie deur Club X Society bederf is, het die besoek aan Naval Hill en die Mandela-standbeeld sommer baie geniet.
Elk van die kinders het ’n Bybel, skoolklere, skryfbehoeftes en ’n kospakkie vir hul huisgesin ontvang.
Kim Morgan, een van die organiseerders van die gemeenskapsorganisasie Club X Society, sê danksy skenkers kon hulle vanjaar weer minder bevoorregte kinders uit die Heidedal-gemeenskap ondersteun.
Sewe kinders elk van die Laerskool Joe Solomon, Laerskool Heide, Laerskool Credence en die Laerskool Olympia het ’n skenking ontvang en die uitstappie na Naval Hill onderneem.