Sewe lede van die White Tigers-krygskunsklub wat aan ’n nasionale kompetisie deelgeneem het, het met as die beste in hul kategorieë na Bloemfontein teruggekeer.
Die lede van die klub het op 6 en 7 Augustus aan die Nasionale kompetisie van die Suid-Afrikaanse Koreaanse Gevegskunsvereniging (Sakmaa) by die Wits-universiteit deelgeneem.
Die kompetisie het deelname aan al die style van die Koreaanse krygskuns oor Suid-Afrika heen ingesluit.
Uitslae
- Chris Strydom (derde dan) het goud ontvang vir geveg, vorms, wapens en spanvorms;
- Eben Swanepoel (tweede dan) het goud gekry vir spanvorms, silwer vir wapens en brons vir gevegte en vorms;
- Jenny Botha (donkerblou gordel) het goud ontvang vir spanvorms en gevegte, silwer vir vorms en wapens;
- Tanya Massyn (tweede groen gordel) het goud ontvang vir gevegte en vorms en silwer vir wapens;
- Lanelle Newton (eerste rooi gordel) het goud ontvang vir gevegte en wapens en silwer vir vorms;
- Crizelda Hugo (derde groen gordel) het goud ontvang vir gevegte en brons vir vorms; en
- Teagan Schoeman (tweede groen gordel) het goud ontvang vir vorms en gevegte.
Die groep word deur meesterinstrukteur Liza Hugo en senior instrukteur Chris Strydom afgerig en ding in die Combat Tang Soo Do-krygsstyl mee.
Liza sê die kompetisie was taai en daar was in sommige groepe tot 16 deelnemers.