Klub verlig sportbane

Die dae raak maar kort as almal op ’n beperkte aantal bane wil netbal en tennis speel. Soveel te meer as ouers en kinders ná skoolure vir pret wil speel of daardie rughandhou wil verfyn.


Die dae raak maar kort as almal op ’n beperkte aantal bane wil netbal en tennis speel. Soveel te meer as ouers en kinders ná skoolure vir pret wil speel of daardie rughandhou wil verfyn.

Dit is om hierdie rede dat die ondersteunersklub by die Laerskool Fichardtpark besluit het om ligte by die tennis- en /netbalbane te laat oprig.

Frans Spamer, komiteelid van die klub, verduidelik klublede kan die bane ná skoolure gebruik.

“Ons het in 2018 besluit om geld in te samel om ligte by die tennis- en netbalbane te laat oprig.

“Dit sou beteken ons kan ook saans daar speel.”

Die groot geldinsameling het begin, die ligte is onlangs opgerig en op 29 November is die ligte op ’n feestelike geleentheid aangeskakel.

“Ons kon nie die bane by die skool meer maak nie, maar op hierdie manier kan ons darem die dag ’n bietjie langer maak,” het Spamer op die geleentheid verduidelik.

Die ondersteunersklub, wat in 2016 begin is, het 220 lede. Lede sien daarna uit om in die vakansie van die verligte geriewe gebruik te maak.

Marius Kriel, skoolhoof, het die klub geloof vir die ondernemingsgees om ligte te laat oprig, wat nou ook tot groot voordeel van die skool aangewend kan word.

Spamer sê die nuwe ligte is energiebesparend en dit kos net sowat R7 per uur om die ligte saans aan te skakel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.