Klubs maak veters vas en daag mekaar uit

Hardlopers kan hulle nou vir die tweede 10 km-interklub-kampioenskapsbyeenkoms inskryf.


Hardlopers kan hulle nou vir die tweede 10 km-interklub-kampioenskapsbyeenkoms inskryf.

Dit is ’n geleentheid vir alle hardlopers van klubs oor die Vrystaat heen om in klubverband deel te neem.

Die kampioenskap begin op Saterdag 17 Augustus om 07:00 by die Tempe-sportstadion.

Die droom om só ’n byeenkoms in Bloemfontein aan te bied het ongeveer ’n jaar gelede ontstaan nadat wyle Leon Engelbrecht (stigter van The Running Edge-klub, asook CityRun) ’n behoefte raakgesien het om ’n geleentheid te skep waarop die verskillende hardloopklubs op ’n gesonde wyse teen mekaar kan meeding.

Die kampioenskap word deur The Running Edge, aangebied en met die eerste aanbieding hiervan het dié klub geseëvier.

Tertia de Bruin, een van die koördineerders van die kampioenskap, sê klubs soos All Athletes United, Pentagon Pistols en BloemStriders het laat weet dat hulle die uitdaging aanvaar, en hulle gaan mik om The Running Edge te onttroon.

Die wenklub sal ’n wisseltrofee ontvang, asook ’n gazebo met die wenklub se naam daarop gedruk.

Inskryfgeld kos R120 vir hardlopers wat nog nie ’n Mobii-tydbandjie het nie, en dit dan vir deelname sal ontvang, of R50 vir dié wat reeds ’n Mobii-tydbandjie besit.

Skryf in op therunningedge.co.za. Die sluitingsdatum is Maandag 12 Augustus, om 23:00.

Vanjaar word ook ’n pretdraf van 4,5 km, teen R20 inskryfgeld, vir jonger atlete en stappers aangebied. Dit begin om 07:10.

Vir die jonger kinders word ’n “nappy dash” teen R10 aangebied.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.