Twee skrywers bied op Saterdag 10 Mei ‘n werksessie by die Protea-Artistata-boekwinkel by die Bloemgate-sentrum in Brandwag aan.
Bloemfonteinse rubriekskrywer en skrywer van boeke soos Die geraas van visse en Light on Leadership, Igno van Niekerk, asook Tosca de Villiers, skrywer van moderne romantiese verhale, gaan skrywers, bloggers, storievertellers, rubriekskrywers en enigeen wat meer wil leer, help om hul storie beter te vertel.

Die tema van die werksessie is “Jou storie, jou ‘superpower’ “.
Mense wat meen dat hulle ‘n storie het en dit graag wil vertel, sal baat vind by die werksessie.
“Elke publikasie begin met ‘n vonkel in die oog. Maar hoe vang jy die vonkel vas en omtower dit tot woorde wat mense kan voel, onthou en deel?” sê De Villiers.
Deelnemers aan die werksessie sal leer oor hoe om hul eie, unieke storie te identifiseer, hoe om hul storie aangrypend en met ‘n eie stem te vertel en hoe om dit met die wêreld te deel en te laat leef.
Die sessie begin om 10:00 en duur tot 12:00. Bevestig bywoning vooraf by 084 586 7436.
You must be logged in to post a comment.