Die meeste matrikulante kan uiteindelik ontspan ná ’n lang eindeksamen. Net soos wat hulle afskeid neem van hul skoolloopbaan, het gr. 7’s ook vandeesweek aan die einde van ’n deel van hul skoolloopbaan gekom. By die Laerskool Willem Postma is die laaste dag op laerskool op Dinsdag 26 November gevier. Die tradisie is dat leerlinge van dié skool in Bloemfontein een vir een onder ’n juk deurstap en die hoof, Sakkie Matthee, se hand skud. Dinsdag het hulle na afloop hiervan met hul skoolklere in die swembad gespring.Foto: Hetta Steyn
Koebaai!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.