Die meeste matrikulante kan uiteindelik ontspan ná ’n lang eindeksamen. Net soos wat hulle afskeid neem van hul skoolloopbaan, het gr. 7’s ook vandeesweek aan die einde van ’n deel van hul skoolloopbaan gekom. By die Laerskool Willem Postma is die laaste dag op laerskool op Dinsdag 26 November gevier. Die tradisie is dat leerlinge van dié skool in Bloem­fontein een vir een onder ’n juk deurstap en die hoof, Sakkie Matthee, se hand skud. Dinsdag het hulle na afloop hiervan met hul skoolklere in die swembad gespring.Foto: Hetta Steyn