Inwoners met voorafbetaaldewatermeters wat in November deel was van die TID-opgraderingsproses, moet toesien dat hulle die water wat hulle in November gekoop het, betyds oplaai.
Die Mangaung-metro het laat weet dat inwoners wat water-koepons gekoop het en dit nie kon oplaai nie, ’n afskrif van die kwitansie en die voorafbetaalde meter se nommer per WhatsApp stuur na 065-586-6261 vir verifikasie.
Dit kan tot vyf dae neem, vandat die koepon gestuur is.
Die spertyd vir die vervanging van koepons wat nie werk nie, is bevestig as 20 Desember.
Daarna sal geen koepons vir vervanging oorweeg word nie.