Die publiek is welkom om na die duiwe by die Bloemfonteinse skouterrein te kom kyk.Foto: Lientjie Mentz


Die 74ste nasionale sierduifkampioenskapskou het Woensdag (28/06) begin en duur tot Vrydag (30/06) op die Bloemfontein-skouterrein.

Dit vind in die Violet- en Cosmos-sale plaas.

Altesaam 1 347 duiwe is deur 72 vertoners ingeskryf, en hulle kom van tien streke oor die land heen.

In die senior afdeling word 74 duifrasse verteenwoordig, en in die junior afdeling 14 duifrasse.

Die skou is Donderdag en Vrydag van 09:00 tot 16:00 oop vir die publiek, en beoordeling vind deur die loop van die twee dae plaas.

Beoordeling geskied per ras, waarna die raswenners teen mekaar meeding vir die sewe topplekke in die senior en junior afdeling. Uit dié sewe uitblinkers word die kampioen en reserwe-kampioen aangewys.

Aansluited tot die skou word die jaarvergadering Saterdagoggend gehou.

Rig navrae aan Shaun Smeda by 072-190-0345.

Toegang tot die skou kan verkry word deur die skouterrein se hek 5, by die rooi toring langs Zebbies Lighting. Belangstellendes kan dan die aanwysings na die Violetsaal volg.

You need to be Logged In to leave a comment.