Koerant nooi spanne om balle te rol vir Engo

Maak solank jou vier spelers bymekaar vir ’n ontspanne rolbaldag met ’n goeie doel.


Maak solank jou vier spelers bymekaar vir ’n ontspanne rolbaldag met ’n goeie doel.

Bloemnuus se Rolbaldag ten bate van Engo, word op Vrydag 15 September by die Bloemfontein-rolbalklub (BBC) aangebied.

Jeannine van Zyl, bestuurder van Sentraal24 waaronder Bloemnuus val, sê dit is lekker om op só ’n wyse ’n bydra tot die gemeenskap te maak.

“Die gemeenskap lê vir ons na aan die hart en ons sien uit om met die rolbaldag ’n bydra te maak om die lewe van talle minderbevoorregtes aan te raak.”

Ondernemings, klubs, skole, kerke en groepe vriende kan hulle inskryf vir die rolbaldag wat om 13:00 sal begin.

Daar sal 24 spanne van vier spelers elk aan die dag kan deelneem, met elke span wat drie wedstryde van ses koppe elk sal speel.

’n Ete, wat by die prys ingesluit is, en prysuitdeling sal om ongeveer 19:00 plaasvind.

Ondernemings wat spanne vir die dag inskryf, sal ook hul bemarkingsmateriaal by die bane kan opslaan.

Elke span betaal R800 wat die baanfooi en ete insluit.

Spanne kan kontant bring vir die kroeg en vir ’n “Spider”-spel aan die begin teen R10 elk.

Skryf voor 8 September in. Bel Gerrie de Bruin by 083-264-2742.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.