BloemNuus wens al sy getroue lesers en adverteerders ’n rustige en geseënde Kerstyd toe.
Dankie vir die ondersteuning, saam lees, saam huil, saam lag, opwinding deel – al die goed en sleg van 2024 wat ’n mens binnekort kan onderstreep om ’n nuwe jaar tegemoet te gaan.
Geniet hierdie Somerkersfees en die kuiers saam met geliefdes en vriende gedurende die feestyd.
BloemNuus se personeel neem ook nou ’n welverdiende ruskans. Die eerste BloemNuusvir 2025 verskyn op Donderdag 16 Januarie.
Vir BloemNuus gaan dit ’n opwindende jaar wees, vol positiewe veranderinge – meer daaroor in die nuwe jaar.
Voorspoed en seënwense, die BloemNuus-span.