Gretchen du Plessis van Limpopo skiet in die sporterafdeling in die staan-posisie ten tyde van die nasionale proewe wat onlangs by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aangebied is. Foto: Verskaf


Skuts van oor die land heen het op 22 en 23 April aan die nasionale proewe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) deelgeneem.

Altesaam 54 luggeweerskuts het in vier klasse (die pistool-, veer-, presisie- en sporterafdeling) aan die proewe by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deelgeneem.

Regan Hunter van die Hoërskool Fichardtpark het die goue medalje gewen vir die beste 3P-telling in die sporterafdeling (1111 uit 1 200), en hy het ook die trofee verower vir die eerste plek algeheel in die 3P en 10 m in die sporterafdeling, met ’n telling van 1 458 uit 1 600.

Die Sanssu-span, bestaande uit 21 skuts in die sporter-, presisie- en pistoolafdeling, is gekies om in Augustus in Londen aan die Britse Junior Internasionale Kompetisie te gaan deelneem.

Regan en Anine Schlebush van die Hoërskool Sentraal is in die span ingesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.