Lede van die reëlingskomitee voor die foto van die uitleg van die Toyota-stadion is van links Wian van Coppenhagen, Dalmain Jordaan, Marcelle Clark, Quenton de Vries en Andrew Slabbert.

Lientjie Mentz

By die Wild Canaan-koffiewinkel in Westdene, Bloemfontein, word daar die afgelope maand baie hard gewerk aan ’n groot dankie-sê-geleentheid vir Christene  op 19 Augustus in die Toyota-stadion.

Quenton de Vries, teologiestudent en mede-eienaar van dié nuwe koffiewinkel, sê hy loop al ’n hele ruk met die idee om ’n groot aanbiddingsgeleentheid in die rugbystadion te hou.“Ná die moeilike twee jaar wat verby is met mense wat met uitdagings weens Covid-19 gekonfronteer is en ondernemings wat swaar kry of weens die pandemie moes sluit, is daar steeds soveel waarvoor ons dankbaar moet wees.

”Quenton sê die begin van die reëlings van A night with the King was regtig besonders. “Dinge het net gebeur, mense van oor die land heen het bymekaar uitgekom en alles het wonderbaarlik in plek geval,” sê hy. “Ons het almal gewag vir die dag waarop die Covid-regulasies opgehef word en noudat die meeste regulasies opgehef is, moet ons dankie sê. Ons moet in die Here jubel, soos Habbakuk 3 sê.”Die geleentheid waarop hy en die reëlingskomitee 40 000 mense in die Toyota-stadion byeen wil bring, sal op  Vrydag 19 Augustus om 18:00 plaasvind.Die span het aan dié groot gebeurtenis begin reël byna drie weke voordat die beperkings op getalle by byeenkomste op 20 Julie opgehef is.

“Nou hardloop ons in geloof,” sê Quenton.Tydens die geleentheid gaan orkeste van ses plaaslike kerke musiek maak en die gehoor sal bekende liedjies kan saamsing waarvan die woorde op spesiale skerms vertoon sal word.Musikante is van kerke soos Our Father’s Home, Creare, AGS Siloam, Devine Restoration, Love One Another Ministries en Rise in Red. Ses NG-kerke in die stad het reeds hul gewig by dié aanbiddingsgeleentheid gegooi en die skole in die stad word ook gekontak om deel te wees van die gebeurtenis.Qonton sê hulle wil ’n ware interkerklike byeenkoms reël waar mense vir ’n paar ure die Here kan loof vir sy goedheid.Kaartjies vir die geleentheid kos R50 en R60 en is beskikbaar by iTickets, by Wild Canaan in Pres. Steynstraat 20, betrokke kerkkantore en skole.Rig navrae by Quenton deur hom te skakel by 082-056-7853.

You need to be Logged In to leave a comment.