Kom deel Sondag in musikale liefdesreis in Afrikaans onder Bloemfontein se sterrehemel

Kom geniet Sondag ’n lekker nostalgiese liefdesreis in Afrikaans by die Brandkop-landgoed onder Bloemfontein se sterrehemel.


Kom geniet Sondag ’n lekker nostalgiese liefdesreis in Afrikaans by die Brandkop-landgoed onder Bloemfontein se sterrehemel.

Skadu’s van die Hart is ’n unieke Afrikaanse kabaretvertoning wat die nostalgie van Afrikaanse musiek en digkuns laat herleef.

Lize-Maré Markgraaff (sang), Heinrich Lategan (klavier), Leandi Steenkamp (saksofoon/klarinet) en die verteller Neels Vorster is 25 Februarie om 17:30 vir 18:00 te sien in dié vertoning.

Lategan sê in die stuk sing en vertel hulle van die mooi, die pret en die hartseer wat binne die liefde lê.

“Kom verlang saam na verlore liefde, jong liefde, verbode liefde en gewoon net liefde.”

Een Bloemnuus-leser staan die kans om twee kaartjies vir die vertoning te wen. Gaan na Bloemnuus se Facebookblad en skryf by die inskrywing oor Skadu’s van die Hart in comments die woord Brandkop Estate.

Van die liedjies en gedigte op die program sluit in Liefling, Ek verlang na jou, Droomvrou, Klein balade (gedig), Stil aand (gedig), Onder in my wiskeyglas en vele meer.

Kaartjies kos R300 en sluit verversings en nagereg in.

Die vertoning word ondersteun deur die Kunstetrust.

Rig navrae en bespreek by 076-679-8076.

Een Bloemnuus-leser staan die kans om twee kaartjies vir die vertoning te wen. Gaan na Bloemnuus se Facebookblad en skryf by die inskrywing oor Skadu’s van die Hart in comments die woord Brandkop Estate.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.