Daar is reeds groot opgewondenheid oor vanjaar se Carols with the Stars met die Drakensberg-seunskoor wat Vrydag 1 November die Kerstyd gaan inlui met hul pragtige sang.
Die heerlike buitelug-geleentheid op die sportveld van die Laerskool Willem Postma, word weer vanjaar deur Pick n Pay Preller Walk aangebied.
’n Heerlike piekniekpakkie met broodjies, vrugte en versnaperings gaan Vrydag heeldag by Pick n Pay Preller Walk te koop wees. Gaan maak dus Vrydag voor die Carols om 18:00 ’n draai by Pick n Pay Preller Walk om al jou eetgoed te koop. Die piekniekpakkie wat versnaperings vir ’n familie van vier insluit, kos R150.
Onthou ook om voor Donderdag 31 Oktober om 20:00 inkopies ter waarde van R200 of meer te doen by Pick n Pay Preller Walk om die kans te staan om ’n splinternuwe Suzuki S-Presso 1.0 GL te wen. Almal wat hul inkopie-strokies met hul naam en van, ID-nommer en kontaknommer agterop die strokies in die houer voor Pick n Pay Preller Walk gegooi het, neem deel aan die trekking wat op Carols with the Stars ná ’n optrede deur die Drakensberg-seunskoor, sal plaasvind.
Die name van vyf mense sal getrek word en elkeen sal ’n sleutel ontvang. Die deelnemer met die sleutel wat die motor oopsluit en aanskakel, wen dié oulike Suzuki S-Presso.
Bywoning van Carols with the Stars is gratis, maar almal word genooi om nie-bederfbare kos te bring en in die winkeltrollies by die ingange na Willem Postma se sportveld te plaas.
Die kos gaan na Guardian & Angel, Mooihawe en die Dr. Böhmer-vaardigheidskool.
BloemNuus is die gedrukte mediaborg en Radio Rosestad is die radio-borg van die Carols with the Stars.