DA-leiers wat Saterdag (28/01) op die party se provinsiale kongres vir die Vrystaat in Kroonstad verkies is, is van links, voor: dr. Roy Jankielsohn (provinsiale partyleier, herkies) en Werner Horn (partyvoorsitter). By hulle is Helen Zille, voorsitter van die Federale Raad.Foto: Marietjie Gericke


Die DA het sy bestuur vir die Vrystaat Saterdag (28/01) op sy kongres in Kroonstad gekies.

Dr. Roy Jankielsohn is as provinsiale leier van die party herkies. Werner Horn is as voorsitter herkies en so ook David van Vuuren as die voorsitter van finansies.

Die nuwe provinsiale adjunk-voorsitter is Igor Scheurkogel en die tweede provinsiale adjunk-voorsitter is Jafta Mokoena.

Die DA se provinsiale jeugvoorsitter is Emma Kruger en die provinsiale adjunk-jeugvoorsitter is Tlhalefo Motlhale.

You need to be Logged In to leave a comment.