Bring jou piekniekmandjie, stoele of kombers en geniet ’n konsert met die klanke van bekende Afrikaanse liedjies terwyl die son oor Bloemfontein ondergaan.
Ilse Fourie, begelei deur Petro Engelbrecht, gaan aan bekende liedjies ’n onverwagse kinkel gee, terwyl ander die gehoor sal nooi om saam te sing in Afrikaans, op ons manier.
Luister na ou bekendes soos “Bring vir die harlekyn nog wyn”, “Sarah de Jager”, “Die Heidelied” en “Sonneblom uit Bethlehem”. Du Preez Stoltz sluit hom by hulle aan vir ’n paar duette saam met Ilse soos “Ek kyk graag so diep in jou oë”.
Bring familie en vriende en geniet die Vrystaatse somerweer.
Afrikaans, op ons manier
word op 24 Februarie om 18:00 by A Little Guesthouse in Groenvlei aangebied. Kaartjies kos R100.
Bespreek vooraf by 082-824-5507