Die 2019-wenner van Rhapsody in Bloem is Renee Ferreira (links). Saam met haar is Petro Engelbrecht, organiseerder van dié beurskonserte. Foto: Lientjie Mentz


Talle musiekstudente het al voordeel getrek uit die beursgeld wat Rhapsody in Bloem met konserte in die Naval Hill-plane­tarium aangebied het.

Petro Engelbrecht, stigter van Rhapsody in Bloem, sê ná die onderbreking weens Covid-19 word die konsertreeks binnekort hervat.

Die beurs sal in September 2023 aan ’n voorgraadse musiekstudent toegeken word.

Die eerste vertoning in die nuwe reeks vind op 11 November in die planetarium plaas.

Kaartjies kos R80.

Dit kan by 082-824-5507 bespreek word.

You need to be Logged In to leave a comment.