Koop nou jou kaartjies vir Bloemskou en deel in besparing

Kaartjieverkope vir Bloemskou wat van 27 April tot 6 Mei vir die 140ste jaar aangebied word, het begin.


Kaartjieverkope vir Bloemskou wat van 27 April tot 6 Mei vir die 140ste jaar aangebied word, het begin.

Skougangers wat nou kaartjies koop, kan heelwat besparings kry deur kaartjies vooraf te koop.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê daar is ook spesiale aanbiedinge om Bloemskou se groot verjaardag te vier.

Besoekers wat kaartjies voor 26 April om 17:00 koop, kwalifiseer vir spesiale afslag. Dit sluit in:

  • R10 afslag op toegangskaartjies. Die halfprysdag is uitgesluit. Onthou, toegang to Bloemskou gee gratis toegang tot die optrede van kunstenaars by Bloemskou.
  • Verdubbel die pretpark-pretmunte. Vir R600 ontvang besoekers 48 in plaas van die normale 24 pretmunte. Jy kan jou oorspronklike Computicket-kaartjie by die pretparkkantoor ingeruil vir die pretmunte en dit is geldig vir enige dag van die skou
  • R50-afslag op onbeperkte pretparkritte. Die normale prys is R300 en vir kaartjies wat jy tot 26 April, betaal jy slegs R250. Ritte is tot 21:00 op die dag. Daar is net ’n voorraad van hierdie kaartjies. Die oorspronklike Computicket-kaartjie word by die pretparkkantoor ingeruil vir ’n armband-bewys op die dag.

Onthou gerus die volgende:

> Mense wat tydens Bloemskou se datums vanaf 27 April tot 6 Mei verjaar, kwalifiseer vanjaar vir ’n gratis toegangskaartjie. Met jou bewys van identiteit, kan jy tot en met Vrydag 21 April vir dié kaartjie by Bloemskou se kantore op die skougronde gaan kry.

> Toegang tot Bloemskou is op Woensdag 3 Mei 2023 halfprys.

> Normale toegang is R100 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers (60 jaar en ouer), studente en kinders vanaf 6 jaar. Kinders jonger as 6 jaar te toegang is gratis.

> ’n Student-busdienspakket wat vervoer en toegang insluit, is vanjaar vir R60 op die twee Vrydae (28 April en 5 Mei) en twee Saterdae (29 April en 6 Mei), asook R35 vir die halfprysdag (3 Mei) beskikbaar. Dié kaartjies moet voor die skou begin, bespreek word

> Toegang tot alle optredes deur kunstenaars is gratis, as jy jou toegangskaartjie betaal het. Besoekers wat wel vooraf ’n sitplek wil verseker, kan die bespreekte opsie van R75 (toegang uitgesluit) neem en ’n kaartjie vooraf koop.

Mense wat tydens Bloemskou se datums vanaf 27 April tot 6 Mei verjaar, kwalifiseer vanjaar vir ’n gratis toegangskaartjie. Met jou bewys van identiteit, kan jy tot en met Vrydag 21 April vir dié kaartjie by Bloemskou se kantore op die skougronde gaan kry.

  • Toegang tot Bloemskou is op Woensdag 3 Mei 2023 halfprys.
  • Normale toegang is R100 vir volwassenes, R50 vir pensioentrekkers (60 jaar en ouer), studente en kinders vanaf 6 jaar. Kinders jonger as 6 jaar te toegang is gratis.
  • ’n Student-busdienspakket wat vervoer en toegang insluit, is vanjaar vir R60 op die twee Vrydae (28 April en 5 Mei) en twee Saterdae (29 April en 6 Mei), asook R35 vir die halfprysdag (3 Mei) beskikbaar. Dié kaartjies moet voor die skou begin, bespreek word.
  • Toegang tot alle optredes deur kunstenaars is gratis, as jy jou toegangskaartjie betaal het. Besoekers wat wel vooraf ’n sitplek wil verseker, kan die bespreekte opsie van R75 (toegang uitgesluit) neem en ’n kaartjie vooraf koop.

Alle kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.computicket.co.za of by enige Computicket-kaartjiekantoor of by die Bloemskoukantoor.

  • Onthou om Bloemnuus se Facebookblad dop te hou om die kans te staan om twee Bloemskou-kaartjies te wen.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.