Kosbaarhede op veiling te koop

’n Verskeidenheid besonderse antieke meubels en versamelaarsware kom op Maandag 25 September, wat ’n vakansiedag is, onder die hamer.


’n Verskeidenheid besonderse antieke meubels en versamelaarsware kom op Maandag 25 September, wat ’n vakansiedag is, onder die hamer.

Die Erfenisdagveiling wat deur vrywilligers ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds aangebied word, vind weer by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke plaas.

Die voorraad sluit ’n 23-stuk Geisha-teestel, ’n antieke eikehout-spieëlkas en ’n antieke sakhorlosie in.

Pieter Erasmus van Bainsvlei-afslaers sal die veiling om 11:00 behartig.

Gaste word genooi om op die Maandag van 08:00 af na die voorraad in die Oorlogsmuseum te gaan kyk voordat die veiling begin.

Skenkings wat die fonds die afgelope tyd ontvang het, word hier erken. Baie dankie aan:

NG gemeente Gardeniapark R1 385

NG gemeente Steynsrus R352

NG gemeente Brandfort R26,10

NG gemeente Bloemfontein-Noord R260

NG gemeente Parys R20

NG gemeente Estoire R466

NG gemeente Rosendal R206,15

NG gemeente Uitsig R678

NG gemeente Bloemfontein-Wes R394

NG gemeente Rouxville R1 330

H Delport R3 000

  • Totaal vir vandag: R8 117,25 Inbetalings vir die fonds wat jaarlikse meer as 30 instellings geldelik ondersteun, kan nou gedoen word. Doen inbetalings by die volgende Nedbank-rekening: Volksblad-Kersfonds, 102-891-9980, takkode 117-134. Stuur ’n afskrif van die inbetalingstrokie na annemarie@engo.co.za.
  • Geregistreerde liefdadigheidsorganisasies wat aansoek om ’n bydra uit die Kersfonds wil doen, kan aansoekvorms by Anne-Marie Nel kry deur ’n e-pos na annemarie@engo. co.za te stuur. Aansoeke sluit einde September.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.