Kosbare huisraad opgeveil

Meubels en versamelstukke wat die eienaar oor 40 jaar bymekaargemaak het, word Vrydag (14/04) op ’n huisveiling in Bloemfontein te koop aangebied.


Meubels en versamelstukke wat die eienaar oor 40 jaar bymekaargemaak het, word Vrydag (14/04) op ’n huisveiling in Bloemfontein te koop aangebied.

Die eienaar verhuis en kan nie al sy kosbaarhede saamneem nie. Hy het daarom besluit om van sy meubels ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds te laat verkoop. ’n Gedeelte van die kopers- en verkoperskommissie word aan die fonds geskenk.

Betsie Roux en die reëlingskomitee het op 4 April die meenthuis besoek en na die voorraad gaan kyk.

Almal stem saam dat dit ’n baie besonderse veiling gaan wees waar mense goed opgepaste gehalte-meubels sal kan koop.

Die veiling begin om 13:00 in die Libra-meenthuiskompleks, nr. 9, in David Botha-singel, Heuwelsig. Ware wat opgeveil word, kan die oggend van die veiling om 08:00 besigtig word.

Parkeerplek is oorkant die straat van die kompleks in die veld agter die Spar-sentrum beskikbaar.

Voornemende kopers sal voor die veiling registrasiegeld van R50 moet betaal en sal dan ’n katalogus van die voorraad kry. Die voorraad moet direk ná die veiling verwyder word.

Reserwepryse sal op sommige van die stukke geld.

Dié veiling volg kort op die hakke van ’n suksesvolle een ten bate van die Kersfonds wat op 21 Maart in die Oorlogs­museum van die Boere­repu­blieke gehou is.

Talle interessante versamelstukke was deel van dié veiling.

Pieter Erasmus, afslaer van Bainsvlei-afslaers, sal die huisveiling behartig. Skakel 082-413-9275 vir meer besonderhede oor die veiling.

  • Lewer ’n bydrae aan Sentraal­24 en Volksblad se Kersfonds in die volgende Nedbank-rekening: Volksblad Kersfonds, 102-891-9980, takkode 117-134.

E-pos die bewys van inbetaling na annemarie@engo.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.