Dit is nie nodig om op Vrydag 19 Julie kos te maak nie.
Bring die gesin en sommer ook jou vriende en koop heerlike eetgoed by Villa Avianto se Kosmark.
Watertandlekker-kos wat Mexikaanse geregte, Griekse lekkertes, Portugese steak en Italiaanse pizza insluit, sal onder meer beskikbaar wees.
Wyn en ander drinkgoed is ook te koop.
Bring gerus jou hond aan ’n halsband saam én die kinders om onder toesig in die kinderspeelplek te baljaar.
Terwyl gaste om ’n glasie wyn en bord kos kuier, word musiek deur onder meer die Mangaung-marimbas, Albert Smit en Herman Smit verskaf.
Kom kuier vanaf 17:00 tot 21:00 by Villa Avianto in Kwaggafontein.
Toegang tot die Kosmark is slegs R20.