Kovsies, wat al vier keer die kampioenspan was van die Varsitybeker, het die naweek ’n goeie oorwinning behaal teen die Universiteit van Wes-Kaap tydens die naweek se kompetisie in die Coetzenburg-sentrum in Stellenbosch.
Die fisiek sterk span van Kovsies het gou hul opponente se swakpunte teen hulle begin gebruik en die Kovsies se doel Sheneca Smith het gou haar span laat voorloop met 20-5.
In die tweede kwart van die wedstryd het die Kapenaars ’n bietjie terugbbaklei danksy goeie balwerk deur Liandre Schoeman. Teen halftyd was die Kovsies voor met 31-14.
Burta de Kock se span het sy opponente heeltemal oorheers en die Kapenaars kon uiteindelik net vyf doele in die laaste 15 minute van die wedstryd aanteken.
Ondanks die goeie oorwinning, het die Kovsies nie ’n plek in die semi-finale nie.
Xandri Fourie van Kovsies is aangewys as die speler van die wedstryd.
Die Kovsie-span het bestaan uit Ane Retief, Bianca Pienaar, Xandri Fourie, Buhle Kubheka, Charne van Vuuren, Demi-Leigh de Jager, Elri Groenewald, Liame de Lange, Reratilwe Letsoalo, Lethabo Sehlapelo, Sheneca Smith en Ruandi van Dyk.