Vier van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se topspelers is in die Suid-Afrikaanse span vir die netbalwêreldbeker ingesluit.

Karla Pretorius is as onderkaptein van die Proteas aangewys. Sy is saam met die ander Kovsies Khanyisa Chawane, Lefébre Rademan en Refiloe Nketsa ingesluit in die span van 15 spelers wat van 28 Julie tot 6 Augustus aan die toernooi in Kaapstad gaan deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.