Krane in Bloemfontein droog, metro stel ondersoek in

Talle inwoners in die noorde van Bloemfontein het geen of min water in die krane nie, en sommige inwoners se water is vuil.


Talle inwoners in die noorde van Bloemfontein het geen of min water in die krane nie, en sommige inwoners se water is vuil.

Qondile Khedama, woordvoerder vir die Mangaung-metro, sê die bestuur is bewus van probleme in die noordelike woonbuurte van die stad.

Hy sê in Groenvlei word watervoorsiening deur die lae vlak van die Brandkop-reservoir beïnvloed.

In Dan Pienaar en Heuwelsig ondersoek tegnici die moontlikheid dat daar vuil water in sommige dele van dié woonbuurte is.

Khedama sê in Hillsboro is daar ’n lekkasie wat ’n hele paar huise beïnvoed.

“Ondersoek word ingestel na die waternetwerk in dié area.”

Hy sê watertenks word nou na Lukas Steynstraat in Heuwelsig en na Hillsboro gestuur.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.