Kunswerke van die leerlinge op uitstalling by die Blaze-skool.

Niemand weet wie die kunsprojek by Blaze@ The Sanctuary in Spitskop die meeste geniet het nie − die 39 leerders of Kobus Lotz, die Bloemfeinse kunstenaar wat dit aangebied het.

Blaze is ‘n sentrum wat spesialiseer in die vroeë ontwikkeling van kinders tussen twee en 14 jaar op die outsime-spektrum.

Dr. Marinda Raubenheimer, skoolhoof, sê dit is die eerste keer dat die skool so ‘n projek aangepak het − en dit was wonderlik om te sien hoe die kinders ontpop het in kreatiewe kunstenaars.

By van die kinders se kunswerke is van links Cherene Aucamp (onderhoof en arbeidsterapeut), Kobus Lotz (kunstenaar) en dr. Marinda Raubenheimer.

Lotz het die leerders onder sy vlerk geneem en saam met van sy ander studente vir hulle allerlei kunstegnieke gewys waarmee elkeen sy eie kunswerke kon maak. Ouers is op 30 Oktober genooi na ‘n uitstalling van dié voltooide kunswerke.

Die ouers was almal aangenaam verras oor wat die leerders gemaak het. Sommige van hulle het hulle al ingeskryf vir ander kompetisies in die stad, soos Jess Nhlapo (7) wat in September die afdeling-wenner was van die Nasionale Museum se Vrystaat Jong Kunstenaar-eerbewyse.

Heelwat nuwe talent is ontdek en Raubenheimer sê hulle beplan beslis om weer ‘n kunsprojek aan te pak en ‘n uitstalling daarvan te hou.

Claudette de Witt en Eckhard Robbertze by Charlotte (12) se kunswerke. Ouers wat die kunswerke besigtig het, was aangenaam verras oor wat leerders gemaak het. FOTO’S: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article