Gloudine Pienaar storie – Gary Kirsten en straat kinders


Die opwindende Fairtree Top 12-toernooi vind volgende week in Bloemfontein plaas.Foto: Verskaf

Die jaarlikse Fairtree-hokkietoernooi wat volgende week by die Hoër Meisieskool Oranje aangebied word, bied aan ouers ’n besonderse voorreg om by krieketlegende Gary Kirsten meer te kom leer oor sport en ouerskap.

Voormalige internasionale krieketspeler en afrigter, bied op Woensdag 7 Augustus om 18:00 die praatjie by die skool aan.

Hy gaan sy waardevolle ervarings oor ouerskap en hoe ouers hul kinders in sport kan ondersteun, met gaste deel.

Die praatjie is vir alle ouers, of jou kind pas aan sport begin deelneem het, en of hulle mik om die hoogste sport te bereik, dit sal van groot waarde wees.

Die Fairtree Top 12 vind van 8 tot 10 Augustus by Oranje se sintetiese hokkieveld plaas.

Die twee Bloemfonteinse spanne wat aan die toernooi gaan deelneem, is die span van Oranje wat nou die eerste posisie op die skole-hokkieranglys vir o.18-spanne beklee, en die span van die Eunice High School wat nou sewende op die ranglys is en verlede jaar die toernooi gewen het. Slegs een skool van buite Bloemfontein, die Hoërskool Menlopark, kon al daarin slaag om die toernooi te wen (2018).

Die anders skole volgens hul posisie op die ranglys wat aan die toernooi gaan deelneem, is:

* Rhenish Girls’ High (Stellenbosch), 2de;

* Durban Girls’ College (Durban), 3de;

* Paarl Gimnasium (Paarl), 4de;

* St Mary’s Kloof (Kloof), 5de:

* St Stithians College (Johannesburg), 6de;

* Eunice High School (Bloemfontein), 7de;

* Hoërskool Garsfontein (Pretoria), 8ste;

* Hoër Meisieskool Bloemhof (Stellenbosch), 9de;

* Hoërskool Menlopark (Pretoria), 10de;

* St Anne’s Diocesan College (Hilton), 11de;

* Hoërskool Waterkloof (Pretoria), 12de

Bywoning vir die praatjie deur Kirsten moet teen 2 Augustus by dié skakel gedoen word: Skakel vir bywoning

You need to be Logged In to leave a comment.