
Begunstigdes van Oranje Selfhelp het hul jaarlikse Kersparty op 8 Desember op dié organisasie se perseel op die terrein van die Dr. Böhmer-vaardigheidskool gehou, waartydens 24 gesinne kospakkies en kinders geskenke ontvang het. Oranje Selfhelp het ook ’n huis in Stalsweg – die De Wet-huis, wat blyplek vir behoeftige mense bied. Op die Kerspartytjie was van links, voor: Verushka van Sittert (6), Adelé Myburgh (7) en Stacey Nel (6); agter: Katrina van Sittert en haar seuntjie Hendriko (3), Martha van Niekerk en Louisa Nel (wat gehelp het om die partytjie te reël). Mense wat skenkings vir Oranje Selfhelp wil doen, kan Nel by 076-025-6024 bel. Foto: Lientjie Mentz