Kloppers

Ian Grobbelaar en Chester May van Kloppers by ’n diagram wat vir jou wys watter stelsels vir jou watter voordele bring. Foto: Lientjie Mentz
Beurtkrag het talle mense die afgelope week paniekerig planne laat maak – veral dié met tuiskantore moes rondsoek vir ’n plekkie om te werk.

Gelukkig is daar deesdae allerlei oplossings om deur die donker tye weens Eskom se onvermoë om genoeg krag op te wek, te kom.

Steva Klopper van Kloppers sê daar is nou heelwat bekostigbare, praktiese alternatiewe om die probleme met beurtkrag te bowe te kom.

Ellies se noodbattery-, sonpaneel- en hibriede stelsels bied moontlike oplossings vir elke huis.

Daar is klein omskakelaars wat jou internet, selfoon en rekenaar aan die gang kan hou wanner die krag af is. Soos wat jou behoeftes meer is, kan jy groter omskakelaars koop waarvan sommige sommer ’n hele paar elektriese apparate aan die gang kan hou tydens ’n kragonderbreking.

“Van die kleiner omskakelaars word direk by jou kragprop ingeskakel om te laai,” sê Ian Grobbelaar van Kloppers. “Gewone krag word omgeskakel in batterykrag wat dan weer omgeskakel in krag wat in die huis gebruik word. Hierdie kleiner toestelle soos die een van 600w kan tot vier ure krag verskaf. Wanneer dit nie gebruik word nie, moet dit net so een keer ’n maand gelaai word.”

Hy sê ’n mens kan ook ’n elektrisiën kry en van die kleiner stelsels deur jou kragboks laat werk.

Kloppers

Van die omskakelaars wat jy by jou muurprop kan inskakel.
Van die groter omskakelaars van tot 3,6 kw kan die hele huis se ligte asook apparate soos die yskas aan die gang hou.

Ian verduidelik hibriede stelsels wat gebruik maak van Eskom-krag sowel as krag wat deur sonpanele opgewek word, bied ook ’n goeie uitkoms vir talle huishoudings.

Daar is ook stelsels wat net van sonpanele af kan werk.

“Die groot voordeel is dat ons ook nou installeerders het wat mense help om dié stelsels korrek te installeer,” sê Steva.

“Voordat die stelsel by jou huis geïnstalleer word, monitor hulle eers jou kragverbruik en hulle kan jou dan daarvolgens adviseur. So kan jou kragverbruik ook optimaal wees en kostebesparing bring.”

Nog ’n voordeel van dié stelsels is dat dit binne sekondes oorskakel.

“Dit gebeur so vinnig, jou DSTV-dekodeerder sal nie eers herlaai nie,” sê Ian.

Daar is dus hoop. Dit kos wel ’n paar rand, maar dié uitgawe is beslis die moeite werd as beurtkrag jou lewe bly deurmekaarkrap.

You need to be Logged In to leave a comment.