Meer as 500 besoekers kon meer uitvind oor ’n wye verskeidenheid produkte wat landbouers se lewe maklik maak op die OVK se Boer vir die toekoms-dag wat op Woensdag 21 Augustus op Ou Tal se plek naby die Krugersdriftdam aangebied is. Altesaam 51 uitstallings van produkte en dienste was te sien. Daar was ook demonstrasies van Fendt- en Massey Ferguson-trekkers. Hier is Carna Cloete (onderwyser) en Logane Vivier van die Landbouskool Hendrik Potgieter. ’n Groep leerlinge aan die skool het die dag se bedrywighede bygewoon. By hulle is Henning, ’n dexter-bul waarmee leerlinge gereeld skou. Hy is genoem na ’n vorige hoof van dié skool buite Reddersburg. Al die koeie word na onderwyseresse genoem.Foto: Lientjie Mentz