Op ’n vorige konsert by A Little Guest House is van links Petro Engelbrecht, Chris van Zyl en Elsabé Raath van Tango Etc. Foto: Verskaf


Die winter se ysige vingers gaan nie keer dat daar lekker musiek in Bloemfontein gemaak word nie.

A Little Guesthouse in Groenvlei het ’n binnenshuise kaggel wat besoekers warm sal hou terwyl hulle luister na musiek en smul aan sop en broodjies.

Ilse Myburgh (klavier), Petro Engelbrecht (trekklavier) en Elsabé Raath (altviool) sal musiek in ’n verskeidenheid van genres maak in twee kaggelkonserte.

Soos met vorige konserte by dié gastehuis kan gaste weer die aand aan heerlike sop smul.

Bring jou eie glas en drinkgoed en kom kuier saam.

Twee kaggelkonserte word aangebied: een op Saterdag 16 Julie om 17:00 en ’n middagkonsert op Sondag 17 Julie om 13:00.

Slegs 30 kaartjies teen R150 is beskikbaar per konsert. Skakel 082-824-5507 vir kaartjies.

You need to be Logged In to leave a comment.