
Joan Marston ontvang ’n tjek van R10 000 namens Sunflower House Hospice van Duncan Pentz (mede-eienaar van Pick n Pay Preller Walk). Die Mooihawe-aftreeoord en die Bloemfonteinse DBV het ook elk so ’n geldelike skenking ontvang, en skenkings van nie-bederfbare produkte wat in plaas van toegangsgeld by die hekke na Carols with the Stars ingesamel is, is tussen dié drie verdeel. Foto’s: Lientjie Mentz

Links: Die wenner van die R50 000-koopbewys van Pick n Pay Preller Walk is Terina Bohme. Die gelukstrekking is gehou as deel van die geleentheid. Saam met haar is Mario Lategan, kunstenaar en seremoniemeester. Martie van Zyl het ’n koopbewys van R30 000 gewen en Lizelle Kennedy ’n R20 000-koopbewys.
Hetta Steyn

Carols with the Stars, aangebied deur Pick n Pay Preller Walk by die Laerskool Willem Postma, is Vrydag gehou. Die gehoorlede kon na Kersmusiek en geestelike liedjies luister. Cézanne Yzelle, Thabo Hlongwane, Jacobus Silwer en Mario Lategan is deur die Rapsody-orkes begelei. Bloemnuusen Radio Rosestad was die mediaborge.

Jacques Bekker geniet die geleentheid saam met klein Ike (4), Liea (6) en Bernardus Kriel (7).