Brendon Peel het mense verstom met sy kulkunsies op die TV-reeks Britain’s Got Talent in dié land.
Miljoene mense het sy kulkunsies al op die TV-reeks Magic Caught on Camera gesien en hy het al in Doebaai, op die Edinburghfees en in London se West End opgetree.
Met sy deelname aan Romania’s Got Talent het sy optrede ’n staande ovasie uitgelok.
Bloemfonteiners kan nader staan vir drie vertonings deur dié kulkunstenaar van 22 tot 24 Julie by die Windmill-casino.
Dié meester van klassieke towerkunsies en sielkundige eksperimente, sowel as toertjies wat net onmoontlik lyk, gaan Bloemfonteiners met sy vertoning Impossible verstom.
Kaartjies kos R100 en is beskikbaar op Quicket.
Die vertonings is op Vrydag 22 Julie en Saterdag 23 Julie om 19:30 en Sondag 24 Julie om 13:00 by die Windmill-casino.