Kuns vul beursies

Met kinders uit die jeugsorg­sentrums se kunswerke is daar tydens twee gesellighede ongeveer R100 000 tot die beursies van dié Engo-sentrums gevoeg.


Met kinders uit die jeugsorg­sentrums se kunswerke is daar tydens twee gesellighede ongeveer R100 000 tot die beursies van dié Engo-sentrums gevoeg.

Altesaam 550 gaste en 60 kinders van die Amor-, Gardenia-, Esperanza-, Carpe Diem- en Gladstone-jeugsorgsentrum het die gesellighede op 13 en 14 Mei by Leopards and Lace bygewoon.

Op albei geleenthede het die kinders eers prettige nommers gelewer, waarna hul kuns­werke, wat op die tafels uitgestal was, deur Johan Gunter van Radio Rosestad opgeveil is.

Gaste het ywerig gebie op die kunswerke wat die kinders onder die tema “Meesterstuk” moes maak.

Ander artikels is ook opgeveil, waaronder ’n kunswerk genaamd Secrets, wat op 14 Mei deur ’n student van Nellie Brisley se kunsskool, Siyabonga Gans, geskilder is terwyl die geselligheid aan die gang was. Siyabonga is ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Wilgehof.

Gaste kon toekyk hoe dié talentvolle seun sy kunswerk bietjie vir bietjie voltooi.

Marinique du Plessis, maatskaplike werker by die jeugsorgsentrums, sê met Siyabonga se kuns gee Engo ook ’n bietjie terug deur vir hom blootstelling te gee. Hy neem al drie jaar kuns­lesse.

Siyabonga het pas gehoor dat hy ‘n beurs gekry om sy skoolloopbaan volgende jaar by die St. Andrew-skool voort te sit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.