Kursus bied ’n lewenslyn vir skoolverlaters

Nadat hy na ’n radio-onderhoud oor Engo se skoolverlaters geluister het, het dit swaar op Bernard Wiid van Carpe Diem ICT Training se hart gelê om ’n hand by te sit om die kinders gereed te kry vir die werksomgewing. Hy het aan tien van die skoolverl


Nadat hy na ’n radio-onderhoud oor Engo se skoolverlaters geluister het, het dit swaar op Bernard Wiid van Carpe Diem ICT Training se hart gelê om ’n hand by te sit om die kinders gereed te kry vir die werksomgewing. Hy het aan tien van die skoolverlaters ’n rekenaarkursus aangebied en elkeen het ’n sertifikaat ontvang.

Wiid sê in vandag se tegnologiesgedrewe lewe is rekenaarvaardighede uiters belangrik, veral as dit by werksgeleenthede kom.

Hy het met elkeen van die kinders gewerk en kon sien hoe elkeen se selfvertroue met die rekenaar toeneem namate die kursus vorder.

Wiid en Engo wil die kursus graag jaarliks aanbied en vra ondernemings wat by die projek betrokke wil raak om Wiid te kontak deur ’n e-pos na bernard@cd-group.co.za te stuur.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.