Kwilters vat hande

Die tema “Hande” vir ’n kwilt-uitstalling deur die onderwysersforum van die Suid-Afrikaanse kwiltersgilde spruit uit die denkbeeldige opsteek van hande op die versoek wie aan dié uitstalling wil deelneem.


Die tema “Hande” vir ’n kwilt-uitstalling deur die onderwysersforum van die Suid-Afrikaanse kwiltersgilde spruit uit die denkbeeldige opsteek van hande op die versoek wie aan dié uitstalling wil deelneem.

Met die uitstalling is besluit om moed en lewe te blaas in die gees van onderwysers wat ten tyde van die Covid-19-pandemie nie klas kon gee nie, en gevolglik nie ’n inkomste kon verdien nie.

Vir die Hands Up-versameling moes elke deelnemer ’n afdruk, buitelyn of vorm van sy of haar hand in ’n eie keuse van kwiltstyl of -tegniek weergee op ’n blok waarvan die sye 25 cm lank is. Die blokke is in ses boeke geplaas waarmee gereis kon word en van die een hand na die ander aangegee word op ’n besoek aan gildes, groepe en galerye oor Suid-Afrika heen.

Die reis het in 2021 begin en eindig by die Diversity- nasionale kwiltfees, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind op ’n plek wat later bekend gemaak sal word.

  • Die Suid-Afrikaanse kwilters­gilde is in 1989 in Bloemfontein gestig en bestaan uit 11 streekgildes, asook ander geaffilieerde kwiltgroepe. Die Hands Up-uitstalling kan tot 22 Mei in die hoofgebou van die Oliewenhuis-kunsmuseum besigtig word.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.