Hier by juffrou Celetia le Grange is van links, voor: Joshua van Tonder en Lienke Hendriks

As jy gedink het daar is verlede week ’n bekende gesiggie op kykNET se vierde seisoen van Kyk Wie Praat, dan is jy reg.

Vier leerlinge van die Laerskool Universitas (Tjokkies) en ’n onderwyseres is gekies om aan die nuutste seisoen van dié gewilde televisiereeks deel te neem.

Die Tjokkies-juffrou Celetia le Grange, wat in episode 12 op 23 April te sien is, sê dit was ’n heerlike ervaring om aan die program deel te neem.

Sy en van die ander onderwysers het ingeskryf en sy was gelukkig genoeg om deur te gaan en aan die program deel te neem.

Die bekkige Joshua van Tonder (gr. 2) met die mooi blou ogies was reeds verlede week in episode 3 waar hy deelnemers verras het met sy antwoorde.

Al waaroor dié klein entrepreneur opgewonde is, is dat hy lekker geldjies gemaak het met sy TV-optredes.

Joshua maak weer op 19 Maart en 16 April sy verskyning op die kassie.

Anke en Bea Strauss (onderskeidelik gr. 4 en gr. 1) span saam wanneer hulle in twee episodes verskyn. Bea meen ousus Anke is die “breins” in hulle span.

Die twee sussies is op 12 Maart en 23 April te sien op Kyk wie Praat.

Nog ’n leerling wat in die seisoen haar TV-debuut maak, is Lienke Hendriks (gr. 4).

Lienke is op 5 Maart en 23 April in die program te siene.

Celetia sê baie leerlinge het ingeskryf en moes videos maak waaruit die produksiespan dié vier Bloemfonteiners gekies het.

Maak seker jy kyk wanneer die plaaslike kinders deelnemers lekker deurmekaarmaak met hul oulike antwoorde op Kyk wie Praat.

You need to be Logged In to leave a comment.