Die WIRUlink Tempe-lugskou, wat op Saterdag 25 Mei by die Tempe-lughawe buite Bloemfontein gehou is, het die meer as 4 500 toeskouers met verskeie toertjies, formasievlugte, uitstallings en ’n hoëspoed-wedren tussen ’n akrobatiese vliegtuig en ’n Corvette-supermotor vermaak. Conrad Botha, organiseerder van die suksesvolle lugskou, sê een van die hoogtepunte van die dag was die massaformasievlug van tien vliegtuie wat toeskouers na hul asem laat snak het. Die toeskouers het ook die vertonings van Harley-Davidson-motorfietse en supermotors geniet. BloemNuus is die gedruktemediaborg van die lugskou.Foto’s: Verskaf


Laat die koppe draai

You need to be Logged In to leave a comment.